Seekoeie

Hippopotamidae
Tydperk: 16–0 m. jaar gelede
Vroeë Mioseen-Holoseen
Seekoei (Hippopotamus amphibius)
Pygmy hippopotamus
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Suborde: Whippomorpha
Familie: Hippopotamidae
Gray, 1821
Subtaxa

Trilobophorous Geze, 1985
Hippopotaminae Gray, 1821

†Kenyapotaminae Pickford, 1983

Die Hippopotamidae (Gray 1821) is die seekoeifamilie van die ewehoewiges (Cetartiodactyla).

Vandag is daar net twee spesies wat tot hierdie familie behoort:

  • Hippopotamus amphibius – die seekoei
  • Choeropsis liberiensis – die dwergseekoei

Altwee hierdie spesies kom net in Afrika voor. Daar is egter talle fossiele van hierdie familie in Europa en Asië gevind, soos Hexaprotodon sivalensis uit die plioseen van Indië wat reeds in 1836 beskryf is. Later is verskeie spesies van hierdie genus ook in Afrika aangetref. Hulle het ses snytande pleks van vier soos die seekoei. Daar is gedink[1] dat die dwergseekoei tot hierdie genus behoort, maar later[2] is die eie genus Choeropsis bevestig. Van hierdie genus is min fossiele gevind, maar die genus Hippopotamus is reeds bekend in die plioseen van die Groot Skeurvallei en in die pleistoseen word minstens ses spesies wydverspreid oor Afrika en Eurasië aangetref. Hulle het nogtans die Amerikas en Australië nooit bereik nie.[3]

Twee dwergspesies H. lemerlei en H. madagascariensis het op Madagaskar geleef en dalk eers in historiese tye uitgesterf.[4]

  1. Coryndon 1977
  2. Boisserie 2005
  3. Mammals of Africa, Volumes 1-6 Jonathan Kingdon, David Happold, Thomas Butynski, Michael Hoffmann, Meredith Happold, Jan Kalina, A&C Black, 2013, ISBN 1-4081-8996-8, ISBN 978-1-4081-8996-2 bls. 22
  4. Taxonomy, habits, and relationships of the subfossil Madagascan hippopotami Hippopotamus lemerlei and H. madagascariensis Solweig Stuenes Journal of Vertebrate Paleontology 9(3), 1989.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search